Click Here to Sign up to our Newsletter!
Head of school
Mev Lucia van Wyk
Contact person
Mev Lucia van Wyk
Telephone Number
012 361 5793
Email address
bcvo@bcvo.co.za
Website address
https://www.bcvo.co.za
Physical address
Die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO), Rubensteinstraat 745, Moreletapark, Moreletapark
Fees per year
Skoolfonds word deur individuele skole bepaal.
Religious
Christelik. Ons glo dat die Woord korrek vertolk word soos gevind in die drie formuliere van eenheid, te wete die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. Daarom huldig ons hierdie skrifbeskouing. Hierdie uitleg van die Skrif word ook in die studiemateriaal weerspieël wat in CVO skole gebruik word.
CVO skole werk binne die raamwerk van die NSS-kurrikulum en verreik die inhoud met Christelike en kultuurwaardes. Klem word gelê om kritiese en logiese denke te ontwikkel. Graad 12-leerlinge skryf die IEB eindeksamen. Oudleerlinge staan hulle skoene vol in die samelewing en is sigbaar in alle beroepsomgewings, van medies, ingenieurswese tot elektrisiëns en entrepreneurs. Besoek ons webtuiste by www.bcvo.co.za vir `n volledige lys van skole en kontakbesonderhede.
Koshuisfasiliteite is beskikbaar by sommige CVO-Skole.
Op kultuurgebied neem leerlinge deel aan aktiwiteite soos kuns, prosa, poësie, musiek, drama en redenaarskompetisies vanaf streeksvlak tot by 'n nasionale gala–geleentheid.
CVO skole neem, teen CVO skole deel, op streeks- en landwye vlak aan sportsoorte soos rugby, netbal, atletiek, krieket, landloop, skaak, tennis, ens. Leerlinge word deur unies en provinsies raak gesien om hulle sportloopbane daar voort te sit.
Ons het landswyd tans 28 skole: Gauteng: Pretoria: CVO Pretoria Krugersdorp: CVO Skool Wesrand Limpopo Potgietersrus: CVO Skool Potgietersrus Vivo: CVO Skool Vivo Nylstroom: Waterbergskool vir CVO Burgersfort: Waterval CVO-Skool Tzaneen: Wolkberg Akademie vir CVO Louis Trichardt: CVO Zoutpansberg Ellisras: Hardekool Akademie vir CVO Groblersdal: CVO Gromar Landbou Akademie Mpumalanga: Carolina: CVO-Skool Carolina Bethal: Privaatskool Hoëveldrif vir CVO Middelburg: Middelburg Privaatskool vir CVO Marble Hall: CVO Marmer Volksrust: Privaatskool Amajuba Standerton: Standerton Akademie Ermelo: CVO Skool Ermelo Lydenburg: Lydenburg Akademie vir CVO Noordwes: Lichtenburg: CVO Skool Lichtenburg Rustenburg: CVO Skool Platina Ventersdorp: Volkskool Ventersdorp vir CVO Vryburg: Christelike Volkskool Vryburg Derby: Akademie vir CVO Derby Vrystaat: Bloemfontein: CVO Skool Dankbaar Oos-Kaap Kareedouw: CVO Omega Akademie Noord-Kaap Jan Kempdorp: Eendrag CVO Skool Orania: CVO Orania Olifantshoek: CVO Kalahari Akademies
© 2025 - eduweb.africa